|
Alle huuraansoeke word op dieselfde wyse hanteer. Elke volwasse aansoeker moet 'n ID dokument en ander inligting verskaf sodat ons 'n verbruikers krediet profiel kan saamstel. Elke volwasse aansoeker meot 'n aansoekvorm invul. Enige vals/onwaar inligting sal veroorsaak dat u aansoek afgekeur word. Indien hierdie vals inligting na okkupasie aan die lig kom, behou ons die reg om u kontrak te kanseller. Alle inligting word nagegaan word deur TPN en Experian. 'n Kredietrekord sowel as verwysings van u werkgewer en huidige verhuurder vir elke ansoeker sal vasstel of die aansoek goedgekeur is. Indien ons nie inligting dmv gewone pos moet nagaan nie, is ons gewoonlik in staat om die proses binne 48 uur af te handel. LET WEL> geen verhuring sal gedoen word sonder hierdie proses nie.
|